Moordverdagtes het boer en sy vrou ure lank gemartel

3,167
0
Published 2022-08-04
Bonnievale, Wes-Kaap, 3 Augustus - Die verhoor van drie mans wat van die moord op 'n Wes-Kaapse boer aangekla word, is na die Hooggeregshof verskuif.
Wynand "Tool" Wessels is in 2019 op 'n plaas by Bonnievale vermoor, en sy vrou is wreed aangerand.
Drie verdagtes wat ná die aanval na Lesotho gevlug het, is nou aan Suid-Afrika uitgelewer.
Nog 'n verdagte is kort na die aanval aangekeer.